100% satisfaction guarantee Immediately available after payment Both online and in PDF No strings attached
logo-home
Summary Lien se Lankstaanskoene vir elke hoofstuk deur Derick van der Walt - Chapter $5.99   Add to cart

Summary

Summary Lien se Lankstaanskoene vir elke hoofstuk deur Derick van der Walt - Chapter

 40 views  0 purchase
  • Course
  • Institution
  • Book

Al die hoofstukke in die boek in afrikaans en engels. A comprehensive summary of the first 10 chapters of Lien se Lankstaanskoene in both Afrikaans and English. The summaries serve as a reference and study guide when revising the book or to understand the Afrikaans chapters better.

Preview 4 out of 64  pages

  • Yes
  • May 6, 2024
  • 64
  • 2023/2024
  • Summary
  • 200
avatar-seller
LIEN SE LANKSTAAN SKOENE
VOORSPEL
Opsomming
• ’n Manlike persoon kyk glimlaggend na video’s uit ’n boks, maar veral graag na hierdie spesifieke een. Hy
drink koffie en lê agteroor in die stoel.
• Dis ’n klanklose amateurvideo van ’n swembadtoneel met ’n opgewonde haasbekdogtertjie wat swem. ’n
Swart krulkopseuntjie hardloop saam met twee hondjies, ’n swarte en ’n witte, rond.
• ’n Donker krulkopman braai vleis en beduie laggend met die braaitang.
• Die persoon wat die video neem het pienk plakkies met geel rosies aan.

Summary
• An unidentified male watches old home movies. He drinks coffee and lies back in his chair.
• It is a silent amateur video of two children; an excited gap-toothed little girl and a dark-haired boy, playing in
and around a swimming pool. Two puppies – one white and the other black – run alongside the boy.
• A smiling man with dark curly hair waves braai tongs at the video/camera operator.
• The camera operator wears pink flip flops decorated with little yellow roses.

Vrae
1. Wat weet die leser van die persoon wat die video’s kyk? (3)
2. Die mense in die video tree op asof hulle (familie/’n gesin/vriende) is. Motiveer. (2)
3. Mense kyk graag na ou tuis video’s van hulleself omdat dit (goeie herinneringe oproep/’n vroeëre tyd
oproep/albei). (1)
4. Hoe voel die kyker oor wat hy sien? Motiveer. (2)

Woordverklarings
ongeduldig impatient
haasbek gap-toothed
bakstene (so twee bakstene hoog) knee-high to a grasshopper
piepie wee-wees/urinate
braaivleistang braai tongs
kantel tilt
plakkies flip flops


HOOFSTUK 1: GEEL EN GELUKKIG
Opsomming
• Lien luister na haar ma se bekende wynskinkgeluide uit die kombuis.
• Haar broer, Braam, hoor dit skynbaar nie en sit net die televisie harder.
• Hulle eet roereier en halfverbrande roosterbrood wat hul ma gemaak het.
• Hulle ma staar “geel en gelukkig” deur die venster na die liggies.
• ’n Vioolkonsert blêr oor die CD-speler.
• Die wynboks is die fokuspunt tussen die karige kosvoorraad in die yskas.
• Braam reageer vies op sy giggelende, wankelende ma.
• Hulle ma eet weer nie en gaan slaap in haar klere.
• Lien maak maar self Braam se grys skoolbroek met die vasgekramde soom met blou gare reg. Met Norah
Jones oor haar oorfone, spreek sy haar haat vir “hom” in die spieël uit.




1

,Summary
• Lien listens to the sound of her mother’s well-known ritual of pouring wine in the kitchen.
• Her brother, Braam, simply turns up the volume on the TV.
• They eat scrambled eggs and burnt toast, made by their mother.
• Their mother is tipsy, staring at the city lights through the window and listening to a violin concerto blaring from
the CD player.
• The box of wine is the centrepiece in the fridge, surrounded by very little food.
• Braam is annoyed by his mother’s giggling and unsteady gait.
• Their mother does not eat supper with them and falls asleep in her work clothes.
• Lien sews the stapled hem of Braam’s grey school trousers with blue thread.
• In her room, while listening to Norah Jones, Lien tells her reflection in the mirror that she hates “him”.

Vrae
1. Die ritueel van wynskinkgeluide in die kombuis laat Lien na Braam kyk en sy wil nie gaan help of gaan eet nie.
Dis omdat sy (kwaad/moedeloos/verras) voel. (1)
2. Uit die kos vir etes en die yskasinhoud weet ons die gesin leef op ______________ en ______________
kos. (2)
3. Kies die beste moontlikheid: Hulle ma word hier as “geel en gelukkig” beskryf, maar dit beteken
a. sy voel lekker ontspanne oor haar musiek.
b. sy is aangeklam en luister ontspanne na haar musiek.
c. sy het vrede met haar situasie. (1)
4. Braam reageer vies en sê sy ma moet gaan (vlieg/klavier speel/slaap). (1)
5. As Lien Braam se vasgekramde skoolbroek se soom insit, toon sy die karaktereienskap
(bedagsaamheid/verantwoordelikheid/getrouheid). (1)
6. Noem twee bewyse dat die ma nie meer die huishouding goed versorg nie. (2)
7. Lien luister na ________________________ se musiek en ons weet dat sy die woorde “all alone” op haarself
toepas omdat dit vir haar voel of die sangeres met haar ________________________. (2)
8. Deur wie word die verhaal vertel? En uit wie se oogpunt word dinge gesien? Watter tipe verteller is dit? (3)

Woordverklarings
behaaglik sug a sigh of comfort
eetlus appetite
gulsig greedy
honger (rasend van die honger) starving
kamtig so-called
loom drowsy
naaldwerktrommeltjie a small sewing trunk
suurpruim sourface
traag reluctant


HOOFSTUK 2: JOU STANDAARD-SKOOLNOMMERTJIE
Opsomming
• Lien is teneergedruk op pad skool toe saam met Wouter, haar enigste maat, omdat sy die middag by tant Malie
se koffieplek begin werk.
• Tant Malie klink altyd uitasem en beklemtoon elke tweede woord en dit irriteer vir Lien.
• Tannie Bets in hul woonstelblok het vir haar die werk gekry. Die ander moontlikheid was by die haarkapper.
• Lien is al ’n jaar in dié skool en haat steeds die plek.
• Lien skuil deesdae voor skool in die biblioteek vandat Wouter begin meng met die ander kinders. Sy lees op
die internet oor ander lande en stede waarheen sy wil gaan: Japan en ook Praag.
2

,• Lien hou die meeste van Engels, oor mister MacMillan se unieke en interessante klerestyl en
letterkundeaanbieding.
• Meneer Bruwer deel hulle in LO na gelang van hul beroepsbelangstellings in taakgroepe.
• In die prokureurgroep is Lien, die maer Miemie Spies, die terterige Sally Swanepoel en die fris, baie stil Hein
Venter.
• Sally neem nie deel nie en stel haar bene ten toon en Miemie neem leiding.

Summary
• Lien walks to school with Wouter (her only friend). She feels down because she will start working at tant
Malie’s coffee shop in the afternoon.
• Tant Malie’s breathless way of speaking irritates Lien.
• Tannie Bets, who resides in the same block of flats as Lien, organised this job for Lien. Lien’s only other option
was to work at the hairdresser’s.
• Lien has been at this school for the last year and still hates it.
• Before school starts, Lien prefers to surf the internet in the library rather than being alone, because Wouter, her
only pal, has started mingling with other learners. She reads about countries and cities she would like to visit,
like Japan and Prague.
• Lien loves English with Mr MacMillan because of his weird clothes and enthusiastic way of presenting
literature.
• In the LO class with Mr Bruwer, Lien is part of the group of learners interested in becoming an attorney. The
other learners in this group are rakish Miemie Spies, tartish Sally Swanepoel and quiet Hein Venter. Sally only
shows off with her legs, while Miemie shows leadership.

Vrae
1. Lien sien nie uit na die werk by die koffiewinkel nie, want
a. sy hou nie van tant Malie se oranje hare nie.
b. sy wou eintlik by die haarsalon gaan werk het.
c. tant Malie se manier van praat irriteer haar klaar. (1)
2. Wie het vir Lien die werk gekry? (1)
3. Lien kies die koffiewinkelwerk, wat minder per uur betaal as die haarsalon, oor (die moontlike fooitjies/die
aangenamer personeel/die mooier plek). (1)
4. Waar of onwaar?
1.1 Lien voel gespanne as sy by die skoolhek instap.
1.2 Sy haat die skool.
1.3 Sy voel uitgesluit uit geselsgroepies.
1.4 Die kinders maak nie met haar maats nie.
1.5 Sy gaan lees in die biblioteek oor plekke waarheen sy graag sou wou vlug. (5)
5. Lien hou van mr MacMillan oor sy ongewone ____________________ , sy interessante
_____________________ , en dat hy hom nie baie aan _________________________ steur nie. (3)
6. Hoe oud is Braam? (1)
7. In die LO-klas dink Lien dat sy altyd ’n _______________________ wou word, maar sy dink sy sal nou
maar ’n _______________________ in ’n winkel word. Eintlik wil sy net _______________________
wees. (3)
8. KARAKTERS: Skryf inligting uit die teks neer om te sien hoe karakters geteken word. Hoe lyk hulle? Hoe
tree hulle op? Wat sê mense van hulle?
Miemie Spies: (3)
Sally Swanepoel: (4)
Hein Venter: (3)


3

, 9. In Macbeth kom die drie hekse in die donker bymekaar om ’n brousel van allerhande vreemde goed te brou.
Hulle voorspel later Macbeth se koningskap en nog later sy ondergang. Kyk gerus vir agtergrond na die
volgende You Tube video: Poetry video: The Three Witches from Shakespeare’s Macbeth, performed by
Renee LaTulippe:
https://www.youtube.com/watch?v=VY0Hyza6C-U
In Lien se lankstaanskoene is die hekse se vraag oor wanneer hulle drie weer ontmoet en of dit in
donderweer, weerlig of reën sal geskied, ook op twee situasies van toepassing.
9.1 Waarom moet die drie leerders (sonder die onaktiewe Sally) weer saamkom om iets te doen of te brou?(1)
9.2 Die hekse se vraag is ook op Lien, Braam en hulle ma van toepassing. Hulle woon saam, maar elkeen leef
apart. Die vraag is wanneer hulle gesin mekaar weer gaan _______________________. Die leser
wonder ook oor die omstandighede en moeilike tye (thunder , lightning or in rain ?) waardeur die gesin
sal gaan. (1)
9.3 Macbeth is hier dus ’n _______________________. (1)

Woordverklarings
beklemtoon emphasise
boeretroos coffee
drentel stroll/dawdle
gekraam was highly upset (literally: delivered a baby)
hoendervleis kry get goosebumps
intieme close-knit
kwylend drooling
lusteloos dull/spiritless
prokureur lawyer/attorney
ruimtevaarder astronaut
skarrel scramble
skinder gossip
teleurgesteld disappointed
toelatingsvereistes admission requirements
toewies sandwiches, colloquial (sarmies)
verlig relieved
verpes pester/hate
verveeld bored
warboel chaos/a mess


HOOFSTUK 3: ’N KAKOFONIE VAN KLANKE
Wie is Prokofiëf?
Kortliks : Hy was ’n Russiese komponis, pianis en dirigent, een van die groot komponiste van verskeie
genres van die twintigste eeu, ten spyte van die tragiese teistering wat hy in sy eie land ervaar het. (Hy het die
orkesmusiek van “Pieter en die Wolf” geskryf, asook die balletmusiek van “Romeo en Juliet”.)

Opsomming
• Toe Lien tuiskom, wonder sy geïrriteerd of haar ma werk toe was.
• Haar ma luister in ’n wynwalm na ’n klavierkonsert van Prokofiëf.
• Dit laat Lien die fliek “Dr Somebody” of iets (Dr Zhivago ) met sy sneeutonele onthou en sy droom oor
Rusland.
• Christien Jooste was mooi, maar het haarself die laaste twee jaar verwaarloos.
• Sy is slordig geklee, sonder grimering en haar hare is ongekam.
• Lien pleit by haar ma om weer klavier te speel, maar sy skud net haar kop.
4

The benefits of buying summaries with Stuvia:

Guaranteed quality through customer reviews

Guaranteed quality through customer reviews

Stuvia customers have reviewed more than 700,000 summaries. This how you know that you are buying the best documents.

Quick and easy check-out

Quick and easy check-out

You can quickly pay through credit card or Stuvia-credit for the summaries. There is no membership needed.

Focus on what matters

Focus on what matters

Your fellow students write the study notes themselves, which is why the documents are always reliable and up-to-date. This ensures you quickly get to the core!

Frequently asked questions

What do I get when I buy this document?

You get a PDF, available immediately after your purchase. The purchased document is accessible anytime, anywhere and indefinitely through your profile.

Satisfaction guarantee: how does it work?

Our satisfaction guarantee ensures that you always find a study document that suits you well. You fill out a form, and our customer service team takes care of the rest.

Who am I buying these notes from?

Stuvia is a marketplace, so you are not buying this document from us, but from seller 23dlamsn. Stuvia facilitates payment to the seller.

Will I be stuck with a subscription?

No, you only buy these notes for $5.99. You're not tied to anything after your purchase.

Can Stuvia be trusted?

4.6 stars on Google & Trustpilot (+1000 reviews)

76667 documents were sold in the last 30 days

Founded in 2010, the go-to place to buy study notes for 14 years now

Start selling
$5.99
  • (0)
  Add to cart